ongelyk [boodskap #143352] |
Mon, 02 October 2023 17:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ongelyk
Afbreking: on•ge•lyk
Samestelling: on- + gelyk
Byvoeglike naamwoord: ongelyk
Vergrotende trap: ongelyker
Oortreffende trap: ongelykste
Attributief: ongelyke
Betekenis:
• Wat nie glad en gelyk is nie.
• Wat verskillend is en nie met mekaar ooreenstem nie.
Gebruik:
• Die pad is ongelyk en vol slaggate.
• Suid-Afrika is een van die mees ongelyke samelewings ter wêreld.
Sinoniem:
• asimmetries
• hobbelrig
• knopperig
• oneweredige
• onreëlmatig
• uiteenlopende
• verskillend
Antoniem:
• gelyk
Afgelei:
• ongelykbenig
• ongelykheid
• ongelykmatig
• ongelyknamig
• ongelyksoortig
• ongelyksydig
• ongelykvormig
Vertaling:
Engels: uneven, rough, bumpy; diferent, unequal
Nederlands: ongelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|