sierlik [boodskap #143344] |
Mon, 02 October 2023 10:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sierlik
Afbreking: sier•lik
Samestelling: sier + -lik
Byvoeglike naamwoord: sierlik
Vergrotende trap: sierliker
Oortreffende trap: sierlikste
Attributief: sierlike
Partitief: sierliks
Betekenis:
• Wat mooi, smaakvol en elegant is.
Gebruik:
• Die motor se sierlike lyne trek dadelik jou aandag.
Sinoniem:
• aanskoulik
• aantreklik
• artistiek
• bevallig
• elegant
• fraai
• grasieus
• kunstig
• mooi
• netjies
• pralend
• spoggerig
• stylvol
• swierig
• welgevorm
Antoniem:
• onsierlik
Afgelei:
• potsierlik
• sierlikheid
Vertaling:
Engels: graceful, elegant
Nederlands: sierlijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|