verbysteek [boodskap #143338] |
Sun, 01 October 2023 13:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verbysteek
Afbreking: ver•by•steek
Samestelling: verby + steek
Werkwoord: steek verby, verbysteek
Verlede tyd: het verbygesteek
Betekenis:
• Om van agter in te haal en verby te gaan.
• Om verder uit te steek.
• (figuurlik) Om te oortref.
Gebruik:
• In 'n motor hou 'n mens links en steek regs verby.
• Saag die stuk hout wat verbysteek af.
• Nigerië het het Suid-Afrika in 2014 verbygesteek om Afrika se grootste ekonomie te word.
Sinoniem:
• inhaal
• oortref
• verbygaan
• verbyglip
• verbykom
Afgelei:
• verbysteekbaan
• verbysteektegniek
Vertaling:
Engels: to overtake, pass; to stick out; to exceed, surpass
Nederlands: voorbijsteken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|