professioneel [boodskap #143324] |
Sun, 01 October 2023 08:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
professioneel
Afbreking: pro•fes•sio•neel
Byvoeglike naamwoord: professioneel
Vergrotende trap: professioneler
Oortreffende trap: professioneelste
Attributief: professionele
Partitief: professioneels
Betekenis:
• Wat iemand as 'n beroep doen, of met betrekking tot iemand se beroep/werk/professie.
• (figuurlik) Wat van bekwaamheid en kundigheid getuig.
Gebruik:
• Hy is 'n professionele bokser.
• Dit lyk heel professioneel.
Sinoniem:
• beroepsmatig
• meesterlik
• vaardig
• vakkundig
Antoniem:
• amateuragtig
• onprofessioneel
Afgelei:
• semiprofessioneel
Afkorting:
• pro.
Vertaling:
Engels: professional
Nederlands: professioneel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|