omwenteling [boodskap #143299] |
Thu, 28 September 2023 10:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
omwenteling
Afbreking: om•wen•te•ling
Samestelling: omwentel + -ing
Selfstandige naamwoord: omwenteling
Meervoud: omwentelinge, omwentelings
Verkleinwoord: omwentelinkie
Meervoud van verkleining: omwentelinkies
Betekenis:
• 'n Algehele verandering of omkeer in verwikkelinge.
• 'n Rotasie van 360 grade.
Gebruik:
• Die spanning tussen die twee groepe het tot 'n burgeroorlog en 'n politieke omwenteling gelei.
• In 1968 het die ruimtetuig Apollo 8 die eerste bemande omwenteling om die Maan uitgevoer.
Sinoniem:
• draaiing
• koersverandering
• omkering
• ommekeer
• rewolusie
• rotasie
Hiponiem:
• teenomwenteling
• nywerheidsomwenteling
• staatsomwenteling
Afgelei:
• omwentelingsas
• omwentelingsnelheid
• omwentelingsteller
• omwentelingstyd
• omwentelingsvlak
Afkorting:
• omw.
Vertaling:
Engels: revolution; rotation
Nederlands: omwenteling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|