teksverklaring [boodskap #143270] |
Mon, 25 September 2023 17:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
teksverklaring
Afbreking: teks•ver•kla•ring
Samestelling: teks + verklaring
Selfstandige naamwoord: teksverklaring
Meervoud: teksverklarings
Betekenis:
• Die uitleg van 'n teks (veral van die Bybel).
Gebruik:
• Teksverklaring probeer om die oorspronklike bedoeling van 'n teks te bepaal en hoe dit deur die eerste lesers daarvan verstaan is.
Sinoniem:
• bybelverklaring
• eksegese
• skrifverklaring
• teksuitleg
Vertaling:
Engels: exegesis
Nederlands: tekstverklaring
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|