ongemak [boodskap #143264] |
Mon, 25 September 2023 09:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ongemak
Afbreking: on•ge•mak
Samestelling: on- + gemak
Selfstandige naamwoord: ongemak
Meervoud: –
Betekenis:
• Iets wat 'n mens pla en ongemaklik laat voel.
Gebruik:
• Hardlywigheid kan ongemak en winderigheid veroorsaak.
Sinoniem:
• ergernis
• hindernis
• las
• ongerief
• onaangenaamheid
• pyn
Antoniem:
• gemak
Afgelei:
• ongemaklik
Vertaling:
Engels: discomfort, ailment, uneasiness, inconvenience
Nederlands: ongemak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|