instandhouding [boodskap #143242] |
So, 24 September 2023 08:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
instandhouding
Afbreking: in•stand•hou•ding
Samestelling: in + stand + hou + -(d)ing
Selfstandige naamwoord: instandhouding
Meervoud: instandhoudinge, instandhoudings
Betekenis:
• Die handeling van in stand hou.
Gebruik:
• Weens die gebrek aan instandhouding en swak bestuur van die waterstelsel moes inwoners vir langer as 'n maand sonder water klaarkom.
Sinoniem:
• herstelwerk
• onderhoud
• onderhoudswerk
• preservering
Afgelei:
• instandhoudingskoste
• instandhoudingswerk
Vertaling:
Engels: maintenance, up-keep; preservation, conservation
Nederlands: instandhouding
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|