operasioneel [boodskap #143240] |
Sat, 23 September 2023 10:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
operasioneel
Afbreking: o•pe•ra•sio•neel
Byvoeglike naamwoord: operasioneel
Vergrotende trap: operasioneler
Oortreffende trap: operasioneelste
Attributief: operasionele
Betekenis:
• Wat werkend is, of gereed is om gebruik te word.
• Met betrekking tot die werksaamhede.
Gebruik:
• Slegs een van die lugmag se vyf vegvliegtuie is operasioneel.
• Die maatskappy sal sy operasionele verslag en finansiële state tydens die vergadering voorgelê.
Sinoniem:
• funksioneel
• gebruiksklaar
• operatief
• werkend
Antoniem:
• nie-operasioneel
Vertaling:
Engels: operational
Nederlands: operationeel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|