ingryp [boodskap #143231] |
Sat, 23 September 2023 06:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ingryp
Afbreking: in•gryp
Samestelling: in + gryp
Werkwoord: gryp in, ingryp
Verlede tyd: het ingegryp
Betekenis:
• Om tussenbeide te tree om 'n saak te beredder.
• Om na die binnekant toe te gryp.
Gebruik:
• Die onderwyser moes dringend ingryp om die bakleiery te stop.
• Die een rat gryp in die volgende een in.
Sinoniem:
• bemiddel
• bemoei
• indring
• inlaat
• inmeng
• oorneem
Afgelei:
• ingrypend
• ingryping
• ingrypboog
• ingryphoek
Vertaling:
Engels: to intervene, take action; encroach upon
Nederlands: ingrijpen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|