Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ongebreideld
ongebreideld [boodskap #143227] Fri, 22 September 2023 15:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
ongebreideld
Afbreking: on•ge•brei•deld
Samestelling: on- + gebreideld


Byvoeglike naamwoord: ongebreidel, ongebreideld
Vergrotende trap: ongebreidelder
Oortreffende trap: ongebreideldste
Attributief: ongebreidelde

Betekenis:
• Sonder beperkinge of grense (soos 'n perd sonder 'n breidel/toom).

Gebruik:
• Die staat se ongebreidelde korrupsie, spandabelrigheid en wanbestuur van fondse ken geen perke nie.

Sinoniem:
• bandeloos
• grensloos
• onbeheers
• onbelemmer
• onbeperk
• onbeteueld
• ongebonde
• toomloos

Vertaling:
Engels: unbridled, unrestrained, unchecked
Nederlands: ongebreideld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: prag
Volgende onderwerp: versmorend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 01:07:57 UTC 2024