afskuif [boodskap #143221] |
Fri, 22 September 2023 09:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afskuif
Afbreking: af•skuif
Samestelling: af + skuif
Werkwoord: skuif af, afskuif
Verlede tyd: het afgeskuif
Betekenis:
• Om na onder te skuif.
• (figuurlik) Om jou pligte vir ander te gee.
Gebruik:
• Ons span het van die 1ste plek na die 2de plek afgeskuif.
• Hy hou daarvan om sy werk op sy kollegas af te skuif.
Wisselvorm:
• afskuiwe
Vertaling:
Engels: to shift down, descend; to hand down
Nederlands: neerdalen; afgeven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|