drasties [boodskap #143220] |
Fri, 22 September 2023 09:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
drasties
Afbreking: dras•ties
Byvoeglike naamwoord: drasties
Vergrotende trap: drastieser
Oortreffende trap: drastiesste
Attributief: drastiese
Betekenis:
• Wat kragtig en ingrypend is.
Gebruik:
• Die pryse het drasties gestyg.
• Daar was 'n drastiese toename is huisbrake oor die vakansietyd.
Sinoniem:
• brutaal
• deurtastend
• diepgaande
• drakonies
• erg
• genadeloos
• hewig
• ingrypend
• kragdadig
• kwaai
• omvangryk
• omvattend
• radikaal
• streng
• uitermate
• verreikend
Vertaling:
Engels: drastic
Nederlands: drastisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|