agtereenvolgend [boodskap #143216] |
Thu, 21 September 2023 19:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
agtereenvolgend
Afbreking: ag•ter•een•vol•gend
Samestelling: agter + een + volgend
Byvoeglike naamwoord: agtereenvolgend
Attributief: agtereenvolgende
Partitief: agtereenvolgends
Betekenis:
• Waarvan die een agter die ander een volg.
Gebruik:
• Die Reserwebank het die rentekoers vir 'n tweede agtereenvolgende keer onveranderd op 8,25% gehou.
Sinoniem:
• chronologies
• opeenvolgend
• suksessief
Afgelei:
• agtereenvolgendes
Vertaling:
Engels: consecutive, successive
Nederlands: achtereenvolgend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|