onderkry [boodskap #143209] |
Wed, 20 September 2023 18:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onderkry
Afbreking: on•der•kry
Samestelling: onder + kry
Werkwoord: kry onder, onderkry
Verlede tyd: het ondergekry
Betekenis:
• Om die oorhand oor iemand te kry.
Gebruik:
• Julle sal my nie onderkry nie!
• Die hope huiswerk het my ondergekry.
Spreekwoord:
• Onderkry is min. [Ek gee nie op nie!]
Sinoniem:
• baasraak
• bemeester
• kafloop
• kleinkry
• oorkom
• oorweldig
• oorwin
Vertaling:
Engels: to get under, get the better of
Nederlands: krijgt naar beneden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|