skadevergoeding [boodskap #143196] |
Tue, 19 September 2023 10:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skadevergoeding
Afbreking: ska•de•ver•goe•ding
Samestelling: skade + vergoeding
Selfstandige naamwoord: skadevergoeding
Meervoud: skadevergoedinge, skadevergoedings
Betekenis:
• Die bedrag wat betaal word om iemand te vergoed vir die skade wat hy/sy gely het.
Gebruik:
• Die Zimbabwiese boere het miljarde in skadevergoeding van die Suid-Afrikaanse regering geëis.
Sinoniem:
• kompensasie
• restitusie
• terugbetaling
• vergoeding
Afgelei:
• skadevergoedingseis
• skadevergoedingsreg
Vertaling:
Engels: indemnification, compensation, damages
Nederlands: schadevergoeding
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|