toekyk [boodskap #143193] |
Mon, 18 September 2023 18:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toekyk
Afbreking: toe•kyk
Samestelling: toe + kyk
Werkwoord: kyk toe, toekyk
Verlede tyd: het toegekyk
Betekenis:
• Om te kyk hoe iets gebeur, sonder om daaraan deel te neem.
Gebruik:
• Die gesin moes magteloos toekyk hoe hulle huis tot op die grond afbrand.
Sinoniem:
• aanskou
• bekyk
• beskou
• gadeslaan
Afgelei:
• toekyker
Vertaling:
Engels: to look on
Nederlands: toekijken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|