bemagtig [boodskap #143183] |
So, 17 September 2023 09:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20780 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bemagtig
Afbreking: be•mag•tig
Samestelling: be- + magtig
Werkwoord: bemagtig
Verlede tyd: het bemagtig
Betekenis:
• Om mag en vermoeë te kry.
• Om mag en vermoeë aan ander te gee.
Gebruik:
• Hy het Afrikaans al op 'n vroeë ouderdom bemagtig.
• Kinders, onderwysers en ouers moet bemagtig word om boeliegedrag die hok te slaan.
Afgelei:
• bemagtigend
• bemagtiging
Vertaling:
Engels: to master; to empower
Nederlands: bemachtigen
Byvoeglike naamwoord: bemagtig
Attributief: bemagtigde
Betekenis:
• Wat mag ontvang, of aan ander mag gegee het.
Gebruik:
• Transformasie ten gunste van reeds bemagtigde mense is 'n euwel wat verdere ongelykheid in die samelewing skep.
Vertaling:
Engels: empowered
Nederlands: bemachtigd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|