waterdruk [boodskap #143179] |
So, 17 September 2023 08:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20780 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
waterdruk
Afbreking: wa•ter•druk
Samestelling: water + druk
Selfstandige naamwoord: waterdruk
Meervoud: waterdrukke
Betekenis:
• Die druk wat water uitoefen, of wat op water uitgeoefen word, onder andere die krag waarmee water na huishoudings gepomp word.
Gebruik:
• Volgens die brandbestryders was daar water in die brandkrane, maar die waterdruk was te swak om die vuur te blus.
Afgelei:
• waterdrukhoogte
• waterdrukmeter
Vertaling:
Engels: water pressure
Nederlands: waterdruk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|