kuberboelie [boodskap #143176] |
Sa, 16 September 2023 20:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20780 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kuberboelie
Afbreking: ku•ber•boe•lie
Samestelling: kuber + boelie
Selfstandige naamwoord: kuberboelie
Meervoud: kuberboelies
Betekenis:
• Iemand wat ander op die internet (in die kuberruimte) boelie.
Gebruik:
• Die kuberboelie is van die forum af verban.
• Kuberboelies laat nie fisiese letsels nie, maar kan steeds groot emosionele skade berokken.
Verwant:
• kuberboeliery
Vertaling:
Engels: cyber bully
Nederlands: cyberpester
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|