opteken [boodskap #143173] |
Sa, 16 September 2023 10:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20780 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opteken
Afbreking: op•te•ken
Samestelling: op + teken
Werkwoord: teken op, opteken
Verlede tyd: het opgeteken
Betekenis:
• Om skriftelik vas te lê.
Gebruik:
• Sy het haar ervaringe in haar dagboek opgeteken.
Sinoniem:
• aanteken
• boekstaaf
• dokumenteer
• neerskryf
• noteer
• opskryf
• registreer
• skryf
Afgelei:
• optekenaar
• optekening
Vertaling:
Engels: to note down, record
Nederlands: optekenen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|