breedweg [boodskap #143172] |
Sa, 16 September 2023 10:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20780 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
breedweg
Afbreking: breed•weg
Samestelling: breed + weg
Bywoord: breedweg
Betekenis:
• By benadering. Van ver gesien.
Gebruik:
• Daar is breedweg twee soorte fietsryers, die wat al geval het, en die wat nog moet val.
Sinoniem:
• algemeen
• grootliks
• hoofsaaklik
• meestal
• normaalweg
• ongeveer
• rofweg
Vertaling:
Engels: broadly, roughly
Nederlands: ruwweg
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|