voorsit [boodskap #143167] |
Sa, 16 September 2023 08:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20780 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorsit
Afbreking: voor•sit
Samestelling: voor + sit
Werkwoord: sit voor, voorsit
Verlede tyd: het voorgesit
Betekenis:
• Om kos te bedien.
• Om 'n vergadering te lei.
• Om iets voor iets anders te sit.
Gebruik:
• Die hotel het 'n heerlike ete vir ons voorgesit.
• In die voorsitter se afwesigheid sal die ondervoorsitter voorsit.
Spreekwoord:
• Beste voet voorsit. [Jou bes probeer om 'n goeie indruk te maak.]
Sinoniem:
• opdien
• opdis
• presideer
Afgelei:
• voorsitter
• voorsitster
Vertaling:
Engels: to serve, dish up food; to preside, chair; to put forward, place in front
Nederlands: opdienen; voorzitten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|