| puin [boodskap #143163] |
Wo., 13 September 2023 20:09 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
puin
Afbreking: puin
Selfstandige naamwoord: puin
Meervoud: –
Betekenis:
• Klippe, bakstene, pleister, ens. wat rondlê (soos wanneer 'n gebou afgebreek is of vergaan het).
Gebruik:
• Die ontploffing het talle geboue in puin gelê.
• Jerusalem sal weer uit die puin herrys.
Sinoniem:
• bouafval
• bourommel
• messelwerk
• oorblyfsels
• oorskot
• rommel
Hiponiem:
• gesteentepuin
• gletserpuin
• glooiingspuin
• klippuin
• ruimtepuin
Afgelei:
• puinbreker
• puinhoop
Vertaling:
Engels: rubble, debris, wreckage, ruins
Nederlands: puin
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|