trouens [boodskap #143154] |
Di, 12 September 2023 17:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
trouens
Afbreking: trou•ens
Bywoord: trouens
Betekenis:
• Om die waarheid te sê; in werklikheid; in der waarheid.
• Origens, afgesien daarvan.
Gebruik:
• Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een uur verleng? [Lukas 12:25]
• Dit is vroeër, en word trouens vandag nog, as belangrik beskou.
Sinoniem:
• immers
• inderdaad
• origens
• selfs
• waarlik
Vertaling:
Engels: besides; as a matter of fact
Nederlands: trouwens
Nota:
• Bywoord van modaliteit.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|