vryslag [boodskap #143145] |
Mon, 11 September 2023 18:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vryslag
Afbreking: vry•slag
Samestelling: vry + slag
Selfstandige naamwoord: vryslag
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Swemslag sonder spesifieke vorm of tegniek (vryslag impliseer dat die swemmer vry is om enige swemslag te gebruik).
Gebruik:
• Omdat kruipslag die vinnigste swemslag is, word dit soms as sinoniem vir vryslag gesien.
Afgelei:
• vryslagaflos
• vryslagwedstryd
Verwant:
• borsslag
• kruipslag
• rugslag
• vlinderslag
Vertaling:
Engels: free style swimming
Nederlands: vrije slag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|