mannekrag [boodskap #143141] |
Mon, 11 September 2023 16:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mannekrag
Afbreking: man•ne•krag
Samestelling: manne + krag
Selfstandige naamwoord: mannekrag
Meervoud: –
Betekenis:
• Die werkers of personeel wat nodig is om 'n bepaalde taak te verrig.
• Die krag of arbeidsvermoë van 'n man of manne (vergelyk met perdekrag).
Gebruik:
• Dit is geen geheim dat polisie nié genoeg mannekrag het om die land doeltreffend te polisieër nie.
Sinoniem:
• arbeiders
• arbeidskrag
• personeel
• werkers
Afgelei:
• mannekragaanbod
• mannekragbenutting
• mannekragbeplanners
• mannekragbeplanning
• mannekragbeplanningstelsel
• mannekragbestuur
• mannekragbestuurder
• mannekragkomitee
• mannekragontwikkeling
• mannekragontwikkelingsfonds
• mannekragopleiding
• mannekragplan
• mannekragpraktyke
• mannekragraad
• mannekragtekort
• mannekragvereiste
• mannekragvooruitskatting
• mannekragvraag
Vertaling:
Engels: manpower
Nederlands: mankracht, arbeidskrachten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|