skoonskip [boodskap #143138] |
Mon, 11 September 2023 14:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skoonskip
Afbreking: skoon•skip
Samestelling: skoon + skip
Selfstandige naamwoord: skoonskip
Meervoud: –
Betekenis:
• Die handeling om alles moontlik op te ruim (skoon te maak) of te wen - slegs in die vaste uitdrukking 'skoonskip maak'.
Gebruik:
• Hy het skoonskip gemaak op die sportveld en die een medalje ná die ander ingepalm.
Vertaling:
Engels: a clean sweep
Nederlands: schoonschip
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|