veiligheidswag [boodskap #143132] |
Sun, 10 September 2023 16:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veiligheidswag
Afbreking: vei•lig•heids•wag
Samestelling: veiligheid + -s- + wag
Selfstandige naamwoord: veiligheidswag
Meervoud: veiligheidswagte
Verkleinwoord: veiligheidswaggie
Meervoud van verkleining: veiligheidswaggies
Betekenis:
• 'n Wag wat iets of iemand oppas en beveilig.
Gebruik:
• 'n Heldhaftige veiligheidswag het op die gewapende aanvallers geskiet, waarna hulle op vlug geslaan het.
Sinoniem:
• sekuriteitswag
Vertaling:
Engels: bewaker, security guard
Nederlands: veiligheidsagent
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|