gemoedsrus [boodskap #143128] |
Sun, 10 September 2023 09:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gemoedsrus
Afbreking: ge•moeds•rus
Samestelling: gemoed + -s- + rus
Selfstandige naamwoord: gemoedsrus
Meervoud: –
Betekenis:
• Rus vir die gemoed. Geestelike bedaardheid. Innerlike vrede.
Gebruik:
• Die Woord sal jou gemoedsrus gee en rus vir jou siel bring.
Sinoniem:
• bedaardheid
• gerustheid
• kalmte
• sielerus
• tevredenheid
• vrede
Vertaling:
Engels: peace of mind
Nederlands: gemoedsrust
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|