regisseuse [boodskap #143112] |
Sa, 09 September 2023 09:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20781 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
regisseuse
Afbreking: re•gis•seu•se
Selfstandige naamwoord: regisseuse
Meervoud: regisseuses
Betekenis:
• 'n Vroulike regisseur. Vrou wat radio- en TV-programme, rolprente en toneelopvoerings regisseer.
Gebruik:
• Hermien Dommisse (1915–2010) was 'n aktrise, regisseuse, skryfster en kampvegter vir Afrikaanse teater.
Sinoniem:
• spelleidster
Antoniem:
• regisseur (manlik of neutraal)
Afgelei:
• toneelregisseuse
Vertaling:
Engels: femail director
Nederlands: regisseuse
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|