Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » drukkoker
drukkoker [boodskap #143099] Fri, 08 September 2023 15:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Drukkoker.
'n Drukkoker.
drukkoker
Afbreking: druk•ko•ker
Samestelling: druk + koker


Selfstandige naamwoord: drukkoker
Meervoud: drukkokers
Verkleinwoord: drukkoker
Meervoud van verkleining: drukkoker

Betekenis:
• 'n Kastrol met 'n lugdigte deksel om voedsel vinniger gaar te maak.
• (figuurlik) Moeilike en spannende omstandighede.

Gebruik:
• 'n Drukkoker wat se drukklep verstop is kan maklik ontplof.
• In die drukkoker van 'n eindstryd is dit belangrik om nie die voet van die versnelpedaal af te haal nie.

Sinoniem:
• drukkastrol
• drukpot
• stoompot

Vertaling:
Engels: pressure cooker
Nederlands: hogedrukpan, snelkookpan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onlosmaaklik
Volgende onderwerp: kontaksport
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 00:52:03 UTC 2024