vasbrand [boodskap #143089] |
Thu, 07 September 2023 17:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vasbrand
Afbreking: vas•brand
Samestelling: vas + brand
Werkwoord: brand vas, vasbrand
Verlede tyd: het vasgebrand
Betekenis:
• Om as gevolg van hitte vas te sit.
• (figuurlik) Om met iets te sukkel; nie regkom nie.
Gebruik:
• Smeer die pot met vet om te keer dat die kos nie vasbrand nie.
• Bel my as jy vasbrand, dan kom help ek.
Sinoniem:
• aanbrand
Vertaling:
Engels: to burn to the surface; to get stuck
Nederlands: aanbranden, vastbranden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|