puberteit [boodskap #143049] |
Fri, 01 September 2023 19:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
puberteit
Afbreking: pu•ber•teit
Selfstandige naamwoord: puberteit
Meervoud: puberteite
Betekenis:
• Die periode in 'n jongmens se lewe waartydens geslagsrypheid intree.
Gebruik:
• Oor die algemeen val puberteit tussen die tiende en agttiende lewensjaar, wat 'n bietjie later vir seuns begin en 'n bietjie vroeër vir meisies ophou.
Sinoniem:
• geslagsrypheid
• rypingsjare
Afgelei:
• puberteitsjare
• puberteitstadium
Verwant:
• adolessensie
Vertaling:
Engels: puberty
Nederlands: puberteit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|