urineweginfeksie [boodskap #143022] |
Wed, 30 August 2023 15:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
urineweginfeksie
Afbreking: u•ri•ne•weg•in•fek•sie
Samestelling: urineweg + infeksie
Selfstandige naamwoord: urineweginfeksie
Meervoud: urineweginfeksies
Betekenis:
• 'n Bakteriële infeksie van die urineweg (niere, ureter, blaas of urethra).
Gebruik:
• Bakterieë wat in die derms teenwoordig is kan die urinebuis en blaas binnedring en urineweginfeksie veroorsaak.
Sinoniem:
• nieraandoening
Hiponiem:
• blaasontsteking
Vertaling:
Engels: urinary tract infection
Nederlands: urineweginfectie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|