niersteen [boodskap #143016] |
Wed, 30 August 2023 13:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
niersteen
Afbreking: nier•steen
Samestelling: nier + steen
Selfstandige naamwoord: niersteen
Meervoud: nierstene
Verkleinwoord: niersteentjie
Meervoud van verkleining: niersteentjies
Betekenis:
• 'n Kristal wat in die niere of urineweg vorm, wat in erge gevalle ongemak en blokkasie kan veroorsaak.
• Die halfedelsteen en delfstof, nefriet.
Gebruik:
• 'n Niersteen se grootte kan wissel van so klein as 'n korreltjie sand tot so groot as 'n grondboontjie.
Verwant:
• niersteengroen
Vertaling:
Engels: kidney stone; jade
Nederlands: niersteen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|