onbeweeglik [boodskap #143014] |
Wo, 30 Augustus 2023 07:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20783 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onbeweeglik
Afbreking: on•be•weeg•lik
Samestelling: on- + beweeglik
Byvoeglike naamwoord: onbeweeglik
Vergrotende trap: onbeweegliker
Oortreffende trap: onbeweeglikste
Attributief: onbeweeglike
Partitief: onbeweegliks
Betekenis:
• Wat nie beweeg nie, of wat nie baie beweeglik is nie.
Gebruik:
• 'n Pofadder se byt kan die arms en bene onbeweeglik styf maak weens bloeding of bloedstolling in die geaffekteerde spiere.
Sinoniem:
• bewegingloos
• immobiel
• ingewortel
• onbeweegbaar
• onroerend
• onversetlik
• onwrikbaar
• paalvas
• rotsvas
• standvastig
Afgelei:
• onbeweeglikheid
Vertaling:
Engels: immovable, immobile, unyielding, stationary, motionless
Nederlands: onbeweeglijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|