-ery [boodskap #142991] |
Mon, 28 August 2023 08:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
-ery
Afbreking: -ery
Agtervoegsel: -ery
Betekenis:
• Dui 'n handeling aan wat besig is om op 'n groot skaal te gebeur.
• Dui 'n besigheid (saaknaam) aan.
Gebruik:
• Woorde met die agtervoegsel -ery kan gesien word in woorde soos bouery, omkopery, singery, spelery, uitveëry, vegtery en werkery.
• Woorde met die agtervoegsel -ery word gebruik in woorde soos bakkery, brouery, melkery en stokery.
Vertaling:
Nederlands: -erij
Nota:
• Soms ook "-tery", soos in bogtery.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|