topograaf [boodskap #142983] |
Sun, 27 August 2023 10:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
topograaf
Afbreking: to•po•graaf
Selfstandige naamwoord: topograaf
Meervoud: topograwe
Betekenis:
• 'n Kenner op die gebied van topografie, ook 'n masjien wat die topografie van 'n oppervlakte bepaal.
Gebruik:
• Uit sy skilderye kan 'n mens sien dat hy nie net 'n uitmuntende topograaf was nie, maar ook 'n begaafde kunstenaar.
Sinoniem:
• landmeter
• plekbeskrywer
Vertaling:
Engels: topographer
Nederlands: topograaf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|