Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voeg
voeg [boodskap #142979] Sat, 26 August 2023 19:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
voeg
Afbreking: voeg


Werkwoord: voeg
Verlede tyd: het gevoeg

Betekenis:
• Om by te sit of aan te las.

Gebruik:
Voeg nog 'n bietjie suiker by.

Spreekwoord:
• Die daad by die woord voeg. [Dadelik optree.]

Afgelei:
• aanvoeg
• bymekaarvoeg
• byvoeg
• invoeg
• saamvoeg
• toevoeg

Vertaling:
Engels: to add, join
Nederlands: voegen


Selfstandige naamwoord: voeg
Meervoud: voeë
Verkleinwoord: voegie
Meervoud van verkleining: voegies

Betekenis:
• 'n Las of naat; die oorgang tussen twee dele.

Gebruik:
• Watter soort voeg werk die beste as 'n mens houtkaste maak?

Sinoniem:
• las
• naat

Hiponiem:
• lipvoeg
• stootvoeg
• strykvoeg
• swaelstertvoeg
• verstekvoeg

Afgelei:
• voegsaag
• voegwerk

Vertaling:
Engels: joint, weld, seam
Nederlands: voeg

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: insink
Volgende onderwerp: woordkeuse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 13:17:11 UTC 2024