vasbyt [boodskap #142966] |
Fri, 25 August 2023 13:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vasbyt
Afbreking: vas•byt
Samestelling: vas + byt
Werkwoord: byt vas, vasbyt
Verlede tyd: het vasgebyt
Betekenis:
• Om iets tussen die tande vas te klem.
• (figuurlik) Om uit en aan te hou; nie moed opgee nie.
Gebruik:
• Die haai skud sy kop heen en weer terwyl hy aan die branderplankryer se been vasbyt.
• Ons moet net nóg 'n bietjie vasbyt, nóg 'n rukkie geduldig wees, nóg meer op die Here vertrou...
Spreekwoord:
• Die stang vasbyt. [Eiesinnig handel sonder om jou aan raad te steur.]
Sinoniem:
• deurdruk
• uithou
• verdra
• verduur
• volhard
• volhou
Afgelei:
• vasbyter
Vertaling:
Engels: to grip with one's teeth; to stick it out, hang tough
Nederlands: vastbijten; vol te houden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|