| dwaling [boodskap #142955] |
Do., 24 Augustus 2023 19:06 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dwaling
Afbreking: dwa•ling
Samestelling: dwaal + -ing
Selfstandige naamwoord: dwaling
Meervoud: dwalinge, dwalings
Verkleinwoord: dwalinkie
Meervoud van verkleining: dwalinkies
Betekenis:
• 'n Valse opvatting. 'n Afwyking van dit was as reg en goed beskou word.
Gebruik:
• Bekeer jou van hierdie dwaling en bid tot die Here. [Handelinge 8:22]
Spreekwoord:
• Die laaste dwaling is erger as die eerste. [Die laaste fout is erger as die eerste.]
Sinoniem:
• mistasting
• vergissing
• wegdrywing
Afgelei:
• afdwaling
• feitedwaling
• jeugdwaling
• omdwaling
• regsdwaling
Vertaling:
Engels: error, mistake; unorthodox opinion, heresy
Nederlands: dwaling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|