aanslag [boodskap #142936] |
So, 20 Augustus 2023 18:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanslag
Afbreking: aan•slag
Samestelling: aan + slag
Selfstandige naamwoord: aanslag
Meervoud: aanslae
Verkleinwoord: aanslaggie
Meervoud van verkleining: aanslaggies
Betekenis:
• 'n Geweldadige aanval.
• 'n Poging om iets te vermag.
• Die benadering waarop iets aangepak word.
• Belasting of heffing wat betaal moet word.
• Die aanpaksel op 'n oppervlakte.
Gebruik:
• Die politikus het 'n aanslag op sy lewe oorleef.
• Die renjaer maak 'n aanslag op die spoedrekord.
• Die pianis het 'n besondere aanslag.
• Hy het hom doodgeskrik toe hy sy aanslag van die belastingkantoor ontvang.
• Hoe verwyder 'n mens die kalkaanslag vanaf 'n ketel se bodem?
Hiponiem:
• bomaanslag
• moordaanslag
• kalkaanslag
• ketelaanslag
• koolaanslag
• belastingaanslag
Afgelei:
• aanslagbedrag
• aanslagkantoor
Vertaling:
Engels: attack, assault; attempt; touch; tax assessment; deposit, scale
Nederlands: aanslag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|