Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » omsien
omsien [boodskap #142928] So, 20 Augustus 2023 08:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
omsien
Afbreking: om•sien
Samestelling: om + sien


Werkwoord: omsien, sien om
Verlede tyd: het omgesien

Betekenis:
• Om te sorg en te versorg.
• (letterlik) Om na agtertoe te kyk; omkyk; terugkyk.

Gebruik:
• Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. [Hebreërs 10:24]

Sinoniem:
• beskerm
• help
• koester
• ondersteun
• sorg
• verpleeg
• versorg

Vertaling:
Engels: to look after; to look back
Nederlands: omzien


Selfstandige naamwoord: omsien
Meervoud:
Verkleinwoord: omsientjie
Meervoud van verkleining: omsientjies

Betekenis:
• 'n Kort tydjie. Sien ommesientjie.

Gebruik:
• 'n Mens se lewe kan in 'n omsien totaal verander.

Vertaling:
Engels: short time, blink of an eye
Nederlands: omzien, ommezien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: omgee
Volgende onderwerp: desentralisering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 13:08:18 MGT 2024