wemel [boodskap #142926] |
Sa, 19 Augustus 2023 19:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wemel
Afbreking: we•mel
Werkwoord: wemel
Verlede tyd: het gewemel
Betekenis:
• Om deurmekaar te beweeg.
• Om in groot getalle teenwoordig te wees.
Gebruik:
• Die huis wemel van die kakkerlakke.
• Die winkelsentrum wemel van die mense.
Sinoniem:
• swerm
• krioel
• woel
• wriemel
Afgelei:
• wemelend
• wemeling
Vertaling:
Engels: to swarm, teem with
Nederlands: wemelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|