ontknoop [boodskap #142915] |
Wed, 16 August 2023 17:31 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ontknoop
Afbreking: ont•knoop
Samestelling: ont- + knoop
Werkwoord: ontknoop
Verlede tyd: het ontknoop
Betekenis:
• Om los te maak en die knope uit te haal.
• (figuurlik) Om op te los; verstaanbaar maak.
Gebruik:
• As jy die knoop te styf trek gaan jy later sukkel om dit te ontknoop.
• Die boek is boeiend met 'n goeie storie wat eers in die laaste hoofstuk ontknoop.
Sinoniem:
• afwikkel
• losknoop
• losmaak
• loswikkel
• ontrafel
• ontwar
• ophelder
Antoniem:
• knoop
Afgelei:
• ontknoping
Vertaling:
Engels: to unbotton, untie, unravel
Nederlands: ontknopen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|