toerekeningsvatbaar [boodskap #142901] |
Di, 15 Augustus 2023 19:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toerekeningsvatbaar
Afbreking: toe•re•ke•nings•vat•baar
Samestelling: toerekening + -s- + vatbaar
Byvoeglike naamwoord: toerekeningsvatbaar
Attributief: toerekeningsvatbare
Betekenis:
• Van gesonde verstand en ten volle aanspreeklik vir sy dade (en wat gevolglik daarvoor verantwoordelik gehou kan word).
Gebruik:
• 'n Kind jonger as 10 jaar is beslis nie toerekeningsvatbaar nie en kan dus nie vervolg word nie.
Sinoniem:
• aanspreeklik
• strafwaardig
• toerekenbaar
• verantwoordbaar
• vervolgbaar
Antoniem:
• ontoerekeningsvatbaar
Afgelei:
• toerekeningsvatbaarheid
Vertaling:
Engels: accountable, culpability, compos mentis
Nederlands: toerekeningsvatbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|