Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vooruit
vooruit [boodskap #142881] Sun, 13 August 2023 09:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
vooruit
Afbreking: voor•uit
Samestelling: voor + uit


Bywoord: vooruit

Betekenis:
• Wat vorentoe beweeg.
• Wat voor iets anders is of gebeur.
• Wat sterker of beter word.

Gebruik:
• Hoe ry 'n mens vooruit in 'n boom vas?
• Verder vooruit sien ons 'n bok. Ons het die kaartjies vooruit bespreek.
• Lyk my hy boer vooruit!

Sinoniem:
• vorentoe
• voorwaarts

Antoniem:
• agteruit

Afgelei:
• vooruitbepaal
• vooruitbeplan
• vooruitbespreek
• vooruitbestelling
• vooruitbetaal
• vooruitbeur
• vooruitboer
• vooruitdateer
• vooruitdink
• vooruitdraf
• vooruitgaan
• vooruitgang
• vooruitkom
• vooruitloop
• vooruitry
• vooruitsig
• vooruitskiet
• vooruitstrewend

Vertaling:
Engels: ahead, forward, onward
Nederlands: vooruit

Nota:
• Meestal die eerste deel van 'n skeibare werkwoord.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: agteruit
Volgende onderwerp: betale
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 13:36:15 UTC 2024