agteruit [boodskap #142880] |
Sun, 13 August 2023 09:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
agteruit
Afbreking: ag•ter•uit
Samestelling: agter + uit
Bywoord: agteruit
Betekenis:
• Wat na agter beweeg (in rigting of tyd).
• Wat swakker of slegter word.
Gebruik:
• Hy het agteruit in die boom in vasgery.
• Die pasiënt se gesondheid gaan agteruit.
Sinoniem:
• agtertoe
• terug
Antoniem:
• vooruit
Afgelei:
• agteruitboer
• agteruitdeins
• agteruitgaan
• agteruitgang
• agteruitkruip
• agteruitry
• agteruitsteier
• agteruitvlieg
• agteruitversnelling
Vertaling:
Engels: backwards
Nederlands: achteruit
Nota:
• Meestal die eerste deel van 'n skeibare werkwoord.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|