skouspelagtig [boodskap #142879] |
Sun, 13 August 2023 09:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skouspelagtig
Afbreking: skou•spel•ag•tig
Samestelling: skouspel + -agtig
Byvoeglike naamwoord: skouspelagtig
Vergrotende trap: skouspelagtiger
Oortreffende trap: skouspelagtigste
Attributief: skouspelagtige
Partitief: skouspelagtigs
Betekenis:
• Wat die moeite werd is om te sien. Soos 'n skouspel.
Gebruik:
• Die uitsig vanaf die berg is skouspelagtig.
Sinoniem:
• asembenemend
• asemrowend
• indrukwekkend
• inspirerend
• meteories
• sensasioneel
• skilderagtig
• verstommend
Afgelei:
• skouspelagtigheid
Vertaling:
Engels: spectacular
Nederlands: spectaculair
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|